LAPA-JUEGROMANKOMPETISIE 2023

Scan_Pay_Advertise_iloveza.com_2022
Skryf nou in vir die LAPA-jeugromankompetisie 2023!
Prysgeld ter waarde van R60 000 is op die spel.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2023

 

 

 

LAPA stel hul tweejaarlikse jeugromankompetisie vir 2023 bekend!

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

Hierdie kompetisie lewer elke twee jaar ʾn groot verskeidenheid fantastiese verhale op. Vorige pryswenners sluit in: Annelie Ferreira (Dit het alles begin by ʾn hond),  Nerine Ahlers (Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit) en Jan Vermeulen (BasterOopmond en Asem). Die kompetisie is ook bekend daarvoor dat daar byna elke jaar debuutskrywers op die kortlys beland.

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000! Die pryswenner kry R30 000 en twee naaswenners kry elk R15 000. Selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om hul stories te vertel. Skrywers word aangemoedig om die kompetisiereëls goed te bestudeer.

Inskrywings sluit die 31ste Oktober 2023. 

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

 

Kompetisiereëls

  • Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud. Verskeie onderafdelings word by die 2023-kompetisie aangewys, want net soos alle tieners nie dieselfde is nie, so is elke jeugverhaal nie dieselfde nie.

Skrywers kan hul verhale struktureer volgens die volgende onderafdelings:

o   Jeugromans vir jonger tieners (11-13 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 25 000 en 30 000 woorde lank. Voorbeelde is die Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo, ʼn Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs en Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit deur Nerine Ahlers.

o   Tienerfiksie (13-15 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 30 000 en 45 000 woorde lank. Voorbeelde is Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa van Baalen, As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout babelen Dit het alles begin by n hond deur Annelie Ferreira.

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

o   Jongvolwassenefiksie (15-18 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 45 000 en 70 000 woorde lank. Voorbeelde is Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Uitverkies deur Noreen Nolte.

  • Die beoordelingsproses vind as volg plaas:

o   Wanneer die kompetisie gesluit is, word ʼn kortlys van manuskripte saamgestel.

o   Beoordelaars sal ʼn wenmanuskrip in elke afdeling aankondig. Die algehele wenner sal die prysgeld van R30 000 wen. Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.

    • Deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
    • Die prysgeld is as volg:

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

o   Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30 000

o   Naaswenner: R15 000

o   Naaswenner: R15 000

  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse toe te ken nie.
  • Die volgende inligting moet op die heel eerste bladsy van die voorlegging verskyn en enige inskrywing kan gediskwalifiseer word indien dit nie daarop verskyn nie:

o   Die skrywer se naam en van

o   Titel van die manuskrip

o   Lengte (aantal woorde) van manuskrip

o   E-posadres

o   Telefoonnommer

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

  • Indien daar onder ‘n skuilnaam geskryf word, moet die skrywer se volle naam en van ook op die heel eerste bladsy van die manuskrip aangebring word.
  • Die deelnemer se naam, of skuilnaam, moet op die eerste bladsy verskyn, maar dit mag nêrens elders op die manuskrip verskyn nie. Sou dit iewers anders verskyn, kan die manuskrip summier gediskwalifiseer word.
  • Inskrywings moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe (soos Arial of Times New Roman).
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Oktober 2023. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Wenners sal in Maart 2024 bekendgemaak word.
  • Werknemers van Penguin Random House Suid-Afrika en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.
  • LAPA Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie. Dit is altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
  • Deur in te skryf onderneem jy dat jy al die reëls gelees en aanvaar het.
  • Inskrywings kan op die volgende manier voorgelê word:

Scan Pay Advertise with iloveza.com

Advertise HERE

Stuur dit aan lapajeugroman@penguinrandomhouse.co.za met JEUGROMANKOMPETISIE en jou manuskrip se naam as onderwerp.

 

iloveza.com is an award-winning Digital Media, Marketing, and Advertising Company (with Influence) est. 2015, with a global reach of over 1 million

E-mail howzit@iloveza.com to take your brand/business to the next level

Like What You've Read ? Be an Anonymous Angel 
CLICK HERE for the latest Literature News
CLICK HERE for the latest News & Trends
Follow @letstorqueza
 
Keep up to date with all that is happening in South Africa
Subscribe to our Newsletter

Follow @ilovezacom on
 #iloveza❤️🇿🇦 #AfterFajrGrind

iloveza.com Accolades:

2021 Winner of Brand South Africa's Nation Pride Play Your Part Award

2018 Winner of Tech Savvy Boss Award at the Roshgold Young Business Achiever Award
 

Nabihah Plaatjes Accolades:

2018 Contributing Author to SAFFRON: A Collection of Personal Narratives

2017 Recipient of Owami Women & Brand South Africa's Play Your Part Award


Ziyaad Plaatjes Accolades:

2021 Mail & Guardian Top 200 Young South Africans: Arts, Entertainment, Film & Media 

2020 Contributing Author to There's a Story in Everyone


iloveza.com is an award-winning Digital Media, Marketing, and Advertising Company est. 2015, is a Member of the Independent Media Association of South Africa (IMASA), and Brand South Africa's Play Your Part Ambassadors, with a global reach of over 10 million

E-mail howzit@iloveza.com to take your brand/business to the next level

Like What You've Read ? Be an Anonymous Angel 
CLICK HERE for the latest Tech News
CLICK HERE for the latest News & Trends
Follow @letstorqueza
 
Keep up to date with all that is happening in South Africa
Subscribe to our Newsletter

Follow @ilovezacom on
 #iloveza❤️🇿🇦 #AfterFajrGrind

iloveza.com Accolades:

2021 Winner of Brand South Africa's Nation Pride Play Your Part Award

2018 Winner of Tech Savvy Boss Award at the Roshgold Young Business Achiever Award
 

Nabihah Plaatjes Accolades:

2023 CEO of the Independent Media Association of South Africa (IMASA)

2018 Contributing Author to SAFFRON: A Collection of Personal Narratives

2017 Recipient of Owami Women & Brand South Africa's Play Your Part Award


Ziyaad Plaatjes Accolades:

2021 Mail & Guardian Top 200 Young South Africans: Arts, Entertainment, Film & Media 

2020 Contributing Author to There's a Story in Everyone