ADAM - Huurvry - ’N SAAMSINGLIED VIR DIE MASSAS (A sing along song for the masses!)

Scan_Pay_Advertise_iloveza.com_2022
ADAM – HUURVRY, ’N SAAMSINGLIED VIR DIE MASSAS
VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING

 

Photo credits to Andrea Jansen / VONK Musiek

Image supplied by the publicist

 

Soms ontmoet jy daardie een persoon in jou lewe wat jy net nie uit jou kop kan kry nie. Wat jy ook al probeer doen om jou aandag af te lei, is tevergeefs. Hierdie persoon neem jou gedagtes sonder toestemming oor. Dis asof hulle daar bly sonder om huur te betaal, as’t ware leef hulle kosteloos, HUURVRY.

Die manne van ADAM is terug in die kollig en dié keer gaan jy saamsing. Hul nuutste enkelsnit, HUURVRY, stuur die groep se klank in ’n totaal nuwe rigting wat dié groep se musikale vernuf beklemtoon.

 

HUURVRY gaan oor daardie persoon wat die volle omvang van jou gedagtes opneem. Hy/sy neem jou, soms sonder opset, op ’n emosionele pretrit,”

verduidelik Christoff de Beer, skrywer van die lied.

Die vervaardiging is deur die gesoute span van MUSE Studios, Hugo Ludik en Brendan Campbell, behartig. Met HUURVRY probeer die groep ’n nuwe klankvariasie tot hul bestaande repertoire voeg.  Die lied se dreunsangaard sal luisteraars wat soortgelyke emosies ervaar, aanpor om saam te sing.

Die publiek het reeds in 2010 met ADAM kennis gemaak. Sewe albums en vier enkelsnitte later het die groep al talle treffers tot die Afrikaanse musiekgenre gevoeg. Van hul grootste treffers is: SAL OORLOG VIR JOU MAAK, HOOGTEVREES en LIEFDE SOLDAAT.

Die groep bestaan uit drie lede, Kyle Grant, Christoff de Beer en Hugo Ludik. Hulle het reeds op verskeie geleenthede duisende mense regoor Suid-Afrika met hul indrukwekkende, drieledige harmonië vermaak. Saam spog die groep met nege Ghoema’s en ’n SAMA-toekenning vir Beste pop-album in Afrikaans”.

“Oorspronklik” is die beste woord waarmee ADAM se musiek opgesom kan word. Elke lied en album wat deur die groep uitgereik word, is vars, relevant en blywend. Min kunstenaars kry dit reg om staande te bly soos ADAM. HUURVRY is weereens ’n bewys dat hierdie drie manne deur en deur musikante is. Eg aan hulle aanpasbare aard, wyk hierdie lied nie van hul norm af nie. 

HUURVRY sal die groep se tweede enkelsnit in samewerking met VONK musiek wees. Die eerste was die treffer ROOI LIPPE wat geskitter het op talle radiostasies en stromingsplatforms se trefferparades en speellyste.

Die lede verduidelik dat die arbeider sy loon werd moet wee. Daarom spandeer hulle vier ure of meer per dag om hul musiek te bemeester. 

 

“Soos met enige bedryf is dit die een wat die hardste werk wat die wa deur die drif trek,” 

verduidelik hulle.

Of jy al met ADAM kennisgemaak het of nie, HUURVRY is die lied vir jou. Om te verhoed dat jy met ’n rooi gesig staan by jou volgende sosiale geleentheid, stel ons voor dat jy vertroud raak met die lirieke. Dié lied gaan nog baie gespeel word en dit is ononderhandelbaar om nié saam te sing nie.

iloveza.com is an award-winning Digital Media, Marketing, and Advertising Company est. 2015, is a Member of the Independent Media Association of South Africa (IMASA), and Brand South Africa's Play Your Part Ambassadors, with a global reach of over 10 million

E-mail howzit@iloveza.com to take your brand/business to the next level

Like What You've Read ? Be an Anonymous Angel 
CLICK HERE for the latest Tech News
CLICK HERE for the latest News & Trends
Follow @letstorqueza
 
Keep up to date with all that is happening in South Africa
Subscribe to our Newsletter

Follow @ilovezacom on
 #iloveza❤️🇿🇦 #AfterFajrGrind

iloveza.com Accolades:

2021 Winner of Brand South Africa's Nation Pride Play Your Part Award

2018 Winner of Tech Savvy Boss Award at the Roshgold Young Business Achiever Award
 

Nabihah Plaatjes Accolades:

2023 CEO of the Independent Media Association of South Africa (IMASA)

2018 Contributing Author to SAFFRON: A Collection of Personal Narratives

2017 Recipient of Owami Women & Brand South Africa's Play Your Part Award


Ziyaad Plaatjes Accolades:

2021 Mail & Guardian Top 200 Young South Africans: Arts, Entertainment, Film & Media 

2020 Contributing Author to There's a Story in Everyone


Trending Posts