Swerwer Sweef ‘’Verby’’ met Nuwe Enkelsnit

Scan_Pay_Advertise_iloveza.com_2022

 

Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af.

 

Image supplied by the publicist

 

Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in musikant, Swerwer se nuwe enkelsnit, Verby.

Swerwer, oftewel José Bezuidenhoud het groot geword in Pretoria Wes, hy was 'n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind. Op 'n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.

José het op die ouderdom van 23 na Magoebaskloof getrek waar hy vir n rukkie in ‘n tent gebly het. Daar het hy vir n kerk begin werk in Haenertsburg waar hy sy ander lede van die groep ontmoet het.Hulle het klein toere en verskeie vertonings in limpopo en Nelspruit gedoen. Swerwer vertel dat hy baie genot gekry het om saam die mense wat hy ontmoet het die paaie te wandel.

Na 'n breuk in Limpopo het hy begin reis met 'n taxi en later met 'n trein. Hy het sy huis opgegee en sonder ‘n motor en met net ‘n klein PA, Kitaar en sak gereis. “: Ek het van dorp tot dorp gereis, week na week ‘n ongelooflike avontuur beleef terwyl ek die land op ‘n unieke manier kon verken” vertel Swerwer

As liedjie skrywer is Swerwer beinvloed deur die voelvry beweging en het hy nog altyd daarop gefokus om lirieke te skryf in sy moedertaal en te toonset met met ‘n sterk invloed van Rock en Folk. Swerwer se energie op die verhoog is magneties so die musikant het vining klein kroee vir feeste verruil.

Verby is ‘n kontemporere snit met ‘n opgewekde rock gevoel, maar die lirieke raak diep. Verby vertel die verhaal van 'n verhouding wat eens helder gebrand het, maar waar die twee betrokke partye nie die beste in mekaar na vore gebring het nie. Verby gaan daaroor vertel dat ‘n mens soms moeillike besluite moet  neem om respek vir liefde en jouself te behou. Wanneer dinge nie uitgewerk  het nie is dit beter om dankie te se vir die goeie tye en om eerder jou paaie te laat skei.

Met verby hoop Swerwer om mense te raak wat dalk al hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind het en hoop hy dat "Verby" 'n kreet kan word vir mense wat onlangs deur 'n mislukte liefdesverhaal kom, of selfs vir mense wat nog seer het as gevolg van 'n vorige liefde.

 

In die lied verwys SWERWER na 'n persoon wat nie meer in sy lewe is nie. Hy sing:

"Jy hou van baklei, ek hou skoon verby. Pak my sorge en 'n bottle brannewyn. Die stad se gedruis laat my verlang na die plaas op Alldays. Ek moet waai, ek soek saligheid."

 

Hy besef dat die verhouding nie meer kan voortduur nie en dat dit tyd is om verder te gaan.

 

SWERWER sê ook:

"Dankie vir jou tyd vir die vashou en die vry, ek is seer en moeg baklei. Jammer skat, maar dit is verby. Ek sal jou in my hart dra, mooi praat van jou as die vriende vra. Ek is lief vir jou, glo vir my. Jammer skat, maar dit is verby."

 

Hierdie woorde toon die respek wat hy nog vir die persoon het, maar dat dit tyd is om verder te gaan.

VERBY is nou beskikbaar op alle digitale platforms

iloveza.com is an award-winning Digital Media, Marketing, and Advertising Company est. 2015, is a Member of the Independent Media Association of South Africa (IMASA), and Brand South Africa's Play Your Part Ambassadors, with a global reach of over 10 million

E-mail howzit@iloveza.com to take your brand/business to the next level

Like What You've Read ? Be an Anonymous Angel 
CLICK HERE for the latest Tech News
CLICK HERE for the latest News & Trends
Follow @letstorqueza
 
Keep up to date with all that is happening in South Africa
Subscribe to our Newsletter

Follow @ilovezacom on
 #iloveza❤️🇿🇦 #AfterFajrGrind

iloveza.com Accolades:

2021 Winner of Brand South Africa's Nation Pride Play Your Part Award

2018 Winner of Tech Savvy Boss Award at the Roshgold Young Business Achiever Award
 

Nabihah Plaatjes Accolades:

2023 CEO of the Independent Media Association of South Africa (IMASA)

2018 Contributing Author to SAFFRON: A Collection of Personal Narratives

2017 Recipient of Owami Women & Brand South Africa's Play Your Part Award


Ziyaad Plaatjes Accolades:

2021 Mail & Guardian Top 200 Young South Africans: Arts, Entertainment, Film & Media 

2020 Contributing Author to There's a Story in Everyone


Trending Posts