Goedvoel-Rolprent Bring Hulde aan Soldate se Gesinne
“Daar is baie oorlogflieks, maar jy sien nooit wat met die gesinne gebeur wat agterbly nie,”
“Hierdie rolprent bring hulde aan die vroue en meisies wat agtergelaat word. Wanneer die lewe
moeilik raak, het ’n mens soms nodig om saam te lag om te oorleef. Hierdie is ’n eerlike verhaal oor mense wat
daarvan hou om mekaar te laat lag. Dit gaan oor menslikheid en mense kan baie snaaks wees.”
“Dit was baie opwindend om lewe te gee aan ’n kontemporêre millitêre basis deur hierdie verhaal van gewonevroue in ongelooflike moeilike omstandighede, wat die genesende krag van saamsing gebruik om mekaar te
bemoedig,”
“Kate en Lisa se verhouding is die emosionele ruggraat van die prent en dit was ’n plesier om saam met hulle te
werk. Hulle is albei talentvolle akteurs en net so gemaklik in snaakse as ernstige rolle. Alhoewel hullehemelsbreed van mekaar verskil - wat voorkoms, agtergrond en energie aanbetref - vul hulle mekaar tog ook
perfek aan.”
“Ek hoop dat fliekgangers saam met die karakters in MILITARY WIVES sal lag en huil, dat hulle geïnspireerd sal
voel deur hierdie vroue se dapperheid en dat hulle die ou musiektreffers sal geniet,”