Na wegholsukses is Die Kaplyn se speelvlak tot 4 Junie verleng

Scan_Pay_Advertise_iloveza.com_2022

Die musiekblyspel Die Kaplyn, wat aanvanklik net vanaf 26 April tot 21 Mei by die AfriForum Teater opgevoer sou word, se speelvak is nou tot 4 Junie verleng. Dit volg ná die wegholsukses van die eerste speelvak se kaartjieverkope.

 

Die Kaplyn is ’n aangrypende verhaal van die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s. Die produksie word met trots aangebied deur AfriForum Teater en Inhoudhuis Musiek, die skeppers van die gewilde Die Gelofte-musiekblyspel van 2022.

 

Die teks is deur Johan Vorster en die regisseur Jannes Erasmus geskryf, musiek en lirieke is deur Vorster en Jacomien de Wet behartig, terwyl die orkestrasie deur Francois Lessing en musiekregie deur Vorster en Lessing versorg is. 

 

“My inspirasie om hierdie storie te skep, was die verhaal van die verlore seun in die Bybel. Die musiekblyspel vertel die verhaal van ’n seun wat terugdraai na sy pa se huis. Dit is simbolies van ’n nasie wat terugdraai na God,” sê Vorster.

 

“Die oorweldigende positiewe reaksie van die publiek op Die Kaplyn en die kaartjieverkope het AfriForum Teater se verwagtinge oortref. Dit maak dit moontlik dat ons nou die geleentheid aan nog meer mense kan bied om dié musiekblyspel te kan sien,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

 

“Ons is baie dankbaar vir die verlenging, want net soos met Die Gelofte voel ons dat dit nog net die begin is van die boodskap,” sê Vorster en De Wet.

 

“Dis wonderlik dat Die Kaplyn verleng kan word. Musiekblyspele is só ’n wonderlike manier om verhale te vertel en Jannes, Johan en Jacomien het dit hierdie keer weer meesterlik reggekry! Dit is beslis ’n móét sien,” sluit Carien Bloem, teaterbestuurder van AfriForum Teater af.

 

Kaartjies vir die tweede speelvak van Die Kaplyn is nou beskikbaar

iloveza.com is an award-winning Digital Media, Marketing, and Advertising Company est. 2015, is a Member of the Independent Media Association of South Africa (IMASA), and Brand South Africa's Play Your Part Ambassadors, with a global reach of over 10 million

E-mail howzit@iloveza.com to take your brand/business to the next level

Like What You've Read ? Be an Anonymous Angel 
CLICK HERE for the latest Tech News
CLICK HERE for the latest News & Trends
Follow @letstorqueza
 
Keep up to date with all that is happening in South Africa
Subscribe to our Newsletter

Follow @ilovezacom on
 #iloveza❤️🇿🇦 #AfterFajrGrind

iloveza.com Accolades:

2021 Winner of Brand South Africa's Nation Pride Play Your Part Award

2018 Winner of Tech Savvy Boss Award at the Roshgold Young Business Achiever Award
 

Nabihah Plaatjes Accolades:

2023 CEO of the Independent Media Association of South Africa (IMASA)

2018 Contributing Author to SAFFRON: A Collection of Personal Narratives

2017 Recipient of Owami Women & Brand South Africa's Play Your Part Award


Ziyaad Plaatjes Accolades:

2021 Mail & Guardian Top 200 Young South Africans: Arts, Entertainment, Film & Media 

2020 Contributing Author to There's a Story in Everyone


Trending Posts